Boere wat hul kalwers self afrond of aan kommersiële voerkrale wil lewer, se voerkraalprestasie kan direk deur
sekere faktore beïnvloed word.
Boere kan vanjaar op die Nampo-oesdag met Molatek se kenners kom gesels oor hoe hulle die regte tipe kalf vir die voerkraal kan produseer deur die jongste tegnologiese hulpmiddels, teelmateriaal en -metodes te gebruik.
Die mark verkies mediumraam-tipes. Dit kan toegeskryf word aan die makliker hanteerbaarheid van die karkas en die grootte van die snitte wat aan die verbruiker verkoop word. By ontbeende snitte is die klem meer kapitaaluitleg en rentelas. Omdat swaarder diere gewoonlik korter duur om af te rond, is die gewig wat toegevoeg word, minder. Met ’n negatiewe voermarge is dit voordeliger om swaarder diere met ’n positiewe prysmarge aan te koop. Geslag speel ’n rol by aankope, omdat vroulike diere
stadiger as osse groei en osse weer stadiger as bulle. Die persentasie verse word altyd in die aankoopprys weerspieël.
Gemiddeld is daar ongeveer 30% verse in ’n voerkraal. Kondisie speel ’n groot rol by aankope omdat dit direk die lengte van die voertydperk bepaal. Kalwers kan in drie groepe verdeel word, naamlik vet, medium en droog. Hoe vetter die kalf, hoe korter gaan hy in die kraal staan. Dit is gewoonlik kalwers wat direk vanaf die koei gespeen en aan die voerkraal verkoop word, wat vet aanhet. Pas gespeende
kalwers is gewoonlik baie gestres en word maklik siek omdat hulle minder weerstand het. As die kalf reeds vir twee maande gespeen en droog is, het die voerkraal ’n verdere voordeel in die opsig van kompensatoriese groei.Â
Die volgende punte is die belangrikste wanneer ’n bees se kondisietelling bepaal word.
â– Voorkoms van vet by die stertwortel.
â– Verdikking in die lies wat op vetaanpakking dui.
â– Voorkoms van vetaanpakking in die bors. Gehalte. Hier word op bespiering gekonsentreer. Hoe beter die gehalte, hoe beter die prestasie en hoe groter die wins per dier. Dit is belangrik om daarop
te let dat goeie kondisie op die oog af soos spiere kan lyk. Die koper kan op dié plekke vir bespiering by ’n kalf kyk.
â– Die onderste deel van die bobeen net bokant die knie. Hier kom baie min vet voor, selfs by vet diere.
â– Die beenstruktuur (dikte) van die dier.
â– Die voorste stand van die bees. Hoe wyer die stand, hoe groter die spiere.
Voerkrip-ontwerp moet maklike toegang verseker vir die bees wat daaruit moet vreet, asook die persoon wat die diere moet voer. Kripspasie per bees moet 15-20 cm wees. Onthoring diere reeds in ’n vroeë stadium, van 3-5 maande ouderdom, sodat die diere mekaar nie pla wanneer hulle vreet nie. Horings veroorsaak ook tydens die uitlaai na die mark baie probleme met kneusings, wat groot finansiële verliese kan meebring.
Kraaloppervlakte moet 10- 15 m2 per bees wees, met genoeg helling vir die afloop van water. Area voor die voerkrip moet ook toeganklik wees sodat die bees nie belemmer word in sy vermoë om voldoende voer in te neem nie. Gedurende droë wintermaande kan daar meer diere in die kraal aangehou word om die kraal effens nat te hou van die mis en urine. Stof, veral in winderige toestande,
belemmer die groei en prestasie van diere en lei ook tot ’n toename in siektes.
Water. Diere moet te alle tye toegang tot skoon, koel water hê. Maak waterkrippe ook daagliks skoon. Afronding. Met ’n negatiewe voermarge is dit lonend vir boere om hul kalwers eers swaarder te laat uitgroei voordat
hulle in die voerkraal afgerond word. Voerkoste verlaag omdat die voerkraaltydperk met afronding verkort. Waar veral ligte kalwers vanaf speen op veld uitgroei tot gereedheid vir die voerkraal, bekamp afronding produksieverliese wat gewoonlik met swak aanpassings gepaardgaan. ’n Voerkraal moet deeglike kennis van sy winsaandrywers hê; dié aspekte wat hom in staat stel om wins in sy eie omgewing te maak.
Om rooivleis volhoubaar te produseer, sal dit doeltreffender geproduseer moet word.
NAVRAE: Molatek, 013 791 1036.